pgjonker.co.za

Marga Jonker

Marga_blog

http://margajonker.com/

Marga Jonker kom van die Weskus af.  St. Helenabaai. Of eintlik meer spesifiek, Stompneusbaai.   Sy’t op Vredenburg gematrikuleer waarna sy ‘n onderwyseres geword het.

Tans woon sy in Durbanville.  Sy is die deeltydse Xhosa onderwyseres aan die Voorbereidingskool Durbanville. Sy  is die klashanswors, reken sy.

Sy en PG, werk daaraan om stuk-stuk drie kinders groot te maak.  Dit vorder stadig, maar twee is darem al klaar met skool.

 

Publikasies

Marga se eerste publikasie was as mede-outeur van drie Xhosa kinderboeke saam met Lesley Krige en Lyn de la Motte, uitgegee deur Kagiso Uitgewers in 1996.

  • Ibhola kaThemba,
  • Bamba uBalekiThemba!, en
  • UThemba uneminyaka emihlanu,

Marga se eerste Afrikaanse publikasie was haar storie ‘Die Onskadelike Reënspinnekop’ in Baba & Kleuter  2000.

In 2009 word twee van Marga se verse opgeneem in die Nuwe Kinderverseboek, saamgestel deur Riana Scheeprs en Suzette Kotzé-Myburgh en uitgegee deur Tafelberg.

Nuwe-Kinderverseboek

In 2010 verskyn haar geïllustreerde kinderboek, Wat is jy, Kartoffel, in hardeband, uitgegee deur LAPA.  In 2012 ontvang Kartoffel die Namibiese Kinderboekforum se toekenning vir die beste boek in die kategorie geillustreerde kinderboeke.

Kartoffel

 

In 2011 word haar gedig ‘Slegs Bekendes’ opgeneem in Toulopers, saamgestel deur Jaco Jacobs, en uitgegee deur LAPA Uitgewers.

Toulopers

In 2012 word haar gedig ‘Sonder Tande’ opgeneem in Skottel en Spenssaamgestel deur Peet du Toit, en uitgegee deur Duto Media.

Skottel-en-Spens

In 2013 word Marga se eerste tiener perdeboek ‘Sonder Chocolate Charlie‘ uitgegee deur NB Uitgewers.  Dit was die begin van ‘n reeks tiener perdeboeke wat sou volg, elk met sy eie tema.

Sonder-Chocolate-Charlie

In 2013 word haar kortverhaal ‘Puzzle die Pinto’ vervat in Galop,saamgestel deur Fanie Viljoen, en uitgegee deur LAPA Uitgewers. 

Galop

In Mei 2014 sien haar volgende tiener perdestorie ‘Brigadier en die Raaiselponie‘ die lig met publikasie deur NB Uitgewers.

Briggs

Aan die einde van 2014 word ‘City Girl en die Swart Hings‘ deur NB Uitgewers gepubliseer.

Citygirl

In Mei 2015 verskyn Gabriella en die Hertog van Harte, ook deur NB Uitgewers gepubliseer.

Gabriella