pgjonker.co.za

Posts tagged with “advice for first time 4×4 drivers”

Beginners 4×4 kursus

Thursday, 8 July, 2010

 [Also in English @ http://pgjonker.co.za/?p=134]

 

[Gepubliseer in Leisure Wheels, Julie 2010]

Twaalf 4×4 voertuie met wanna-bee 4×4 fundi’s vertrek vanaf Worcester, na die Tierkloof 4×4 roete. Daar gekom maak ons ons tuis onder ‘n lapa en luister na Phil, die instrukteur, wie die basiese beginsels van 4×4 verduidelik. Een van die (verskeie) aspekte van die uurlange praatjie wat rekordering waardig is, is die opmerking dat “daar is nie ‘n slegte 4×4 nie”. Elkeen het sy sterk en swak punte waarvoor jy as bestuurder aanpassings maak, ja, maar ‘n slegte 4×4 is daar nie. Gedog ek sit maar net hierdie gedeelte in ter wille van die meewarige bestuurders van ‘n seker fabrikaat wat beweer dat alles altyd reg loop met daardie fabrikaat. Buiten vir my Mazda is daar ‘n Colt – verder is alles Toyota dubbel- of enkelkajuite, Prado’s en Land Cruisers. O ja, en ‘n Condor.

Ná die praatjie word bande afgeblaas soos per die instrukteur se instruksie en vertrek die konvooi op die roete.  Ek en Frikkie dek die agterhoede.

Die roete is klipperig. Dis ‘n mooi omgewing met ‘n uitkyk oor die Brandvlei dam. My passasier, Christo, neem foto’s met my kamera aangesien ek nie daarby sal uitkom met die ryery nie.

Sommer vroeg op die roete kry ons ons eerste moeilike trajek wat behels om ‘n steilte met klipperige terrein en gate in ‘n “S” uit te ry. Stof, klippe, stukkies rubber spat maar. Eers met die derde probeerslag, en met die ewenaargrendel gekoppel, kom ek bo uit.

Brandvlei dam

Christo het intussen al ‘n paar wen-foto’s met my kamera geneem toe ek onthou dat die film nog in die kamera-sak is. Ek sit die film in. Die foto’s behoort nou beter te kom.   

So driekwart deur die roete kom ek by ‘n vurk in die pad wat sê regs vir “ervare bestuurders”. Ek wil links mik vir die sissie-roete, maar dis duidelik dat al die spore voor my regs gegaan het. Soos ‘n lam ter slagting is ek maar gedweë agterna op die roete vir “ervare bestuurders”. Dit bring ons by Diepkloof.

Dis ‘n rivierloop met steil walle. Van hierdie kant af ondertoe is dit sand, soos in ‘n harderige sandduin, maar met diep gate dat die voertuie soms op hul onderstelle daar afsleep.  Ek arriveer net toe dit die Condor voor my se beurt is. Die Condor vat sy lyn effens verkeerd. Sy linkervoorwiel gly in ‘n gat in wat sy maag laat skuur, en dan die regteragterwiel sowat ‘n meter in die lug laat.   Dit lyk indrukwekkend. Jy weet, amper soos ‘n Great Dane-reun-teen-die-boom tipe van houding.

Aan die anderkant van die rivierloop moet jy weer dieselfde tipe steilte bult-op ry. Die voertuie voor my is anderkant uit met tollende bande en rasende enjins. Die Condor se lyn is verkeerd. Met die uitgaanslag bo spring die regtervoorwiel in die lug op en die voertuig gly na links amper in ‘n boom vas. Die instrukteur pak ‘n klip as merker om die daaropvolgende voertuie op ‘n veiliger lyn te sit. Hou links van die klip.

Toe dit my beurt raak klim ek in die bakkie. Ek ref die enjin net dat die ouens kan hoor hier kom krag. Ek spoeg by die venster uit en druk my camel agter my oor in. Dan draai ek die ruit af en spoeg weer, die keer deur die oop venster. Ek haal die camel agter my oor uit en druk hom dood. Sit hom nou weer terug agter die ander oor waar dit nog nie gebrand het nie. Dan knyp ek die bakkie onder my regter-arm vas terwyl ek nonchalant met my linkerhand op die rathefboom sit. Ek stuur met my knieë. Bult af, bult op wat maak dit saak. Geen probleem nie, ek ry rustig die bult anderkant uit. Hou stil. Klim uit. Spoeg op die grond en steek weer my camel aan …..   Nee, sorrie, …