pgjonker.co.za

Category “Afrikaans – Victoria Valle Toer”

Deel 1 – Kaap na Kasane

Thursday, 1 July, 2010

[Also in English @ http://pgjonker.co.za/?p=192]

BOTSWANA & ZAMBIË TOER 2008

Deel 1

(deur PG Jonker)

Vooraf

Ek en Marga droom al jare lank van ‘n toer Botswana en Victoria Valle toe.  Toe die geleentheid hom dus voordoen met vriende en familie wat so ‘n toer gaan doen het ons besluit dis nou tyd om by daardie konvooi in te val.

Vertrek

Dag 1 – Op pad

Ons vertrektyd word ‘n bietjie gefnuik met dié dat twee van die skoliere op die toer nog op die oggend van die vertrek moet eksamen skryf.  So teen  11h00 die oggend kom ons dus by die huis weg.  Van die sewe voertuie in die konvooi is daar net twee wat saam-saam sou ry die hele pad.  Verder ry elkeen maar vir eers op sy eie.

Laataand kom ons in Kimberley aan.  Ons was onsuksesvol om enige van die ander voertuie in te haal.  Teen half-tien die aand is daar geen oop wegneemete-plekke meer in Kimberley nie.  Ons moet maar tevrede wees met die laaste paar dag-oud toebroodjies vir aandete.  Die akkommodasie by die Kalahari Lodge was baie lekker gerieflik, kompleet met ‘n man wie ons R50 betaal om ons bakkie met al ons goed in op te pas.

Dag 2 – Nog steeds op pad

Vroegoggend eet ons ‘n goeie ontbyt by ‘n vulstasie.  Ons moet darem inhaal op gisteraand se karige aandete.  Ons hoop om deur die loop van die dag die res van die geselskap in te haal. 

Ons roete neem ons deur Schweizer-Reneke, Coligny, Ventersdorp, Rustenburg, Thabazimbi, Ellisras (nou Lephalale).  Sommige dorpe waar ons deur ry het nou belastingbetalersboikotte.  Mens kan nogal sien hoekom.  Dis nou nie asof ek enigsins die Wes-Transvaal wil afkraak nie, maar ek het nou maar gereken, in die winter lyk die Boland so bietjie mooier.  Maar dis dalk nou maar net vir my. 

Waarom daar verkeersreëls in Rustenburg is weet nugter.  Ek is die enigste bestuurder wat die padreëls en die spoedbeperking nakom.  Op die mees verspotte plekke is daar 80km/h beperkings.  Maar ek besef later dis om my te beskerm teen die plaaslike bestuurders.  Byvoorbeeld, as jy hou by die absurde spoedbeperking van 80km/h op ‘n oop stuk pad, dan is dit baie makliker om ‘n kop-aan-kop botsing met ‘n taxi te vermy wat teen ‘n blinde hoogte ‘n ander taxi verbysteek en rustig in jou baan aangery kom.  Dit gebeur meer as een keer.  Nie die taxi-bestuurders of hulle passasiers lyk enigsins gepla nie. 

Ons bereik teen laatmiddag Lephalale.  Met selfoonoproepe kan ons agterkom dat die grootste gedeelte van die konvooi (nou al 5 motors in totaal) almal in Lephalale is.  Die laaste twee voertuie sal later aansluit.  Ten spyte van die feit dat die dorp nie onnodig groot is nie, kry ons mekaar net nie opgespoor nie, gaan wag ons maar later buite die dorp vir die konvooi.  Ons val agter in.

Die leiervoertuig ry voet in die hoek.  Dis later donker.  ‘n Paar afdraaie verder is ons nie meer seker of ons nog die regte string voertuie volg nie.  Verby Swartwater kom ons donkeraand by Mareba Lodge aan waar ons die twee nagte sal oorbly voor ons Suid-Afrika verlaat. 

Dag 4 – Botswana

Na twee ontspanne nagte by Mareba Lodge vertrek ons vir Botswana.  Ons kruis die grens by die Zanzibar grenspos.  En nee, ons is nie naby Zanzibar nie, maar dis wel die grenspos se naam. 

Dit vat ‘n tydjie om die papierwerk van die sewe voertuie te doen.  Dan is ons deur die laagwaterbrug oor die Limpopo rivier.  Daar loop water, maar gelukkig nie veel nie. 

Limpopo

Aan die Botswana kant besef Henk sy houer met al sy paspoorte en motor-registrasie-papiere is weg.  Dan onthou hy die laaste plek waar hy dit hanteer het was agter by sy bakkie.  En sowaar, daar sit die sak nog rustig op die agterste buffer.  Mens kan dalk hierdie plekkie vir jou skoonma …

Deel 2 – Kazungula na Livingstone

Thursday, 1 July, 2010

[Also in English @ http://pgjonker.co.za/?p=185]

BOTSWANA & ZAMBIË TOER 2008

Deel 2

(deur PG Jonker)

Dag 6 – Kazungula ferry

Die konvooi vertrek vroegerig om so na as moontlik aan die voorkant van die ry voertuie te kom wat met die ferry wil oorgaan.  Ons kan kies om Zimbabwe toe te gaan, en dan weer van Zimbabwe af in Zambië in.  My reisgenote wat al voorheen hier was vertel my egter Kazungula ferry is ‘n moet vir ‘n ware Afrika ondervinding.  Ware manne doen ferries, verstaan. 

Ons weet reeds daar gaan ‘n tou van omtrent 2 km lank se trokke staan.  Maar gelukkig hoef ons nie agter in te val nie.  Gewone voertuie maak hul eie aparte tou.  Ek het oorweeg om voor in die tou te gaan indruk, oor daar mos nou klaar iemand agter in die tou staan.  Maar besluit toe maar daarteen.

Ons verlaat Botswana vandag.  Van die 300 Pulas wat ek geleen het is daar nog sowaar ‘n paar Pulas oor.  Gelukkig het al die diensverskaffers in Botswana my kredietkaart aanvaarbaar gevind!   Maar nou lê Zambië voor.  Ek het geen Kwachas nie, maar darem ‘n paar US$. Maar ek weet nie of die Zambië Revenue Services so opgewonde daaroor gaan wees as ek in $ probeer betaal nie.

The Botswana side

Die formaliteite aan die Botswana kant geskied sonder voorval.  Vandaar ry jy aan na die Chobe rivier toe om op die pont te kom.  Die GPS laat dit baie eenvoudig klink.  Daai girl sê “Drive 600 metres and board the ferry”.  Sommer net so.  Sy was duidelik nog nie by hiérdie ferry gewees nie.  Dalk werk dit so in Europese ferries.

Vir ‘n begin heers daar chaos.  Daar is twee ferries.  Waarvan die een pas gebreek het toe ons daar aankom.  Nou is daar een string lorries en twee stringe voertuie wat verdeel na die 2 ferries toe.  Maar nou wil die string wat na die stukkende ferry toe mik weer terugkom in die ander string wat na die heel ferry op pad is.  En nie almal in die ander tou is opgewonde oor die gedagte dat ‘n ander ou sy kar se neus in daardie ry gaan indruk nie.

Die eerste ding wat jy aantref wanneer jy daar stilhou is ‘n swerm agente wie hul dienste aanbied.  Jacob vertel vir my hy sal my begelei deur die hele proses, en daarvoor moet ek hom ‘n skamele R20 betaal.  Dit klink te goed om waar te wees, en ek klem my beursie al stywer vas.  Mens weet nooit.  Maar Henk stel my gerus, ek kan maar van die manne se dienste gebruik maak – hy doen ook.  So ten minste weet ek dat as daar ? fout kom, dan word ek en Henk ingeloop, en nie net ek alleen nie.

Jacob & Associate

Jacob en sy tjom, wie se naam ek nou vergeet het, gee deurentyd raad.  Ek het ‘n foto van hulle geneem net vir die wis en die onwis – hulle dink dis oor ek so baie van hulle hou dat ek hulle afneem, maar ek het maar net gedog, mens weet nooit wanneer jy dalk nodig het om die manne uit te ken nie.

 Ieder geval, Jacob beduie by geleentheid vir my ek moet my bakkie se neus hier voor in ‘n tou indruk.  Ek maak presies soos Jacob sê en ignoreer almal die ander ouens wat my met hout-oë aankyk.  Jacob lyk vir my altevol soos ‘n man met gesag, so ek maak net wat hy sê. 

On the ferry

‘n Toeroperateur met wie ek daar gesels verduidelike vir my ek moenie van die agente gebruik maak nie.  Maar olliewhile betaal hy self ‘n stewige fooi direk aan ‘n ou op die ferry om hom vroeg op die ferry te kry.  Ek beland in elk geval saam met hom op dieselfde ferry, so ek reken ek …

Deel 3 – Rondom die Valle

Thursday, 1 July, 2010

[Also in English @ http://pgjonker.co.za/?p=183]

BOTSWANA & ZAMBIË TOER 2008

Deel 3

 (deur PG Jonker)

Victoria Valle

The Smoke that Thunders.  Inderdaad.  Vandag besoek ons Victoria Valle toe.  Die eintlike doel van ons hele toer.   

Ons het 2 poncho’s by ons.  Ons huur ‘n verdere 3 poncho’s een US$2 per kop.  ‘n Wyse besluit blyk dit.  Jy reën nat van alle kante af.  Ons het vooraf die kameras in jiffy-sakkies gesit om teen die nat te beskerm.  Die gevolg is natuurlik erg onindrukwekkende foto’s, maar dit vertel darem die storie.  Of tot die mate wat mens hierdie skouspel op film kan vaslê. 

 

Ses-jaar oud Chris-Jan word angsbevange vir die misreën en die gedonder rondom hom en ek moet hom op ‘n stadium gryp en terughardloop na stiller en droër grond toe om hom te kalmeer.

 

Die Valle is doodgewoon awesome.  Amper heilig, groots.  Mens sien baie foto’s van die plek, maar om self daar te staan en jou eie foto te neem en dit waar te neem is moeilik om te beskryf.  Ek aanvaar manne soos Dana en Breyten het die vermoë om dit mooi te beskryf.  Ek is bevrees ek sal moet volstaan deur te sê dis eenvoudig f….rek indrukwekkend. 

 

Verkoopsvernuf

By die ingang na die valle is daar die gebruiklike stalletjies waar mens goed kan koop wat jy nie wil hê nie.  Ek gaan kyk wat daar is met die idee om later die kinders te bring om te kom koop.  Groot fout.  Luister nou na goeie raad:  moenie oogkontak maak met die vendors nie.  Moenie naby kom nie.  Moenie lyk of jy belangstel nie.  Moenie in die man se hokkie ingaan nie.  Moet onder geen omstandighede lyk of jy selfs eers later gaan belangstel nie.  En bowenal, moenie lat daai man jou laat gaan sit nie! 

Isaac verduidelik vir my mooi van al sy ware.  Ek verduidelik ek wil net kyk.  Hy verduidelik, “I’m from Zambia, you from South Africa, we’re from the same continent, I give you a good deal.” Ek verduidelik ek wil nie ‘n goeie of ‘n slegte deal hê nie, ek wil niks hê nie ek wil net kyk.  Nee, dis reg verduidelik hy, hy verstaan, maar sien, hier het ons nou die koning en die koningin van een of ander tribe uit hout uit gekerf, verduidelik hy.  Baie eksoties.  Ja, ek sien, maar ek wil niks koop nie.  Maar omdat ons mos nou van dieselfde kontinent is gaan hy my hierdie special deal gee van US$50 vir hierdie pikante stelletjie van twee.  Ek verduidelik nou weer mooi ek wil net kyk, sal later terugkom.  Hy stel my voor aan die koning en die koningin se seun en dogter, ook gekerf uit die spesiale hout wat jy net in Zambië kry. 

Ek probeer my so half gehurk uit die hokkie uitkry, waarop Isaac ‘n stoeltjie onder my boude indruk en vir homself ook ‘n sitplek kry op ‘n soortgelyke stoeltjie.  Daai is onse custom om so te onderhandel, verduidelik hy vir my en gaan voort om my aan die res van die koning en koninging se extended family voor te stel.  Ek raak benoud.  Daai koning en koningin is besig om aan te teel omtrent soos ek daar sit.   Ek wil net wegkom.

Nou verduidelik Isaac vir my eers die reëls van die spel.  Sy openingsaanbod is ‘n skamele US$50 vir hierdie stelletjie bestaande uit die koning en koningin, maar oorlat ons mos nou van dieselfde kontinent af kom (jy kan maar sê ons is bloed broers, man, so close is ek en Isaac met dié dat ons van dieselfde kontinent af kom) is hy oop vir onderhandeling.  En, reken hy, as ‘n spesiale toegif sal hy die gesinnetjie mooi in ‘n pakkie koerantpapier vir my toedraai ook, oorlat ons mos nou van dieselfde kontinent af kom.

So al wat ek nou moet doen, is om ‘n teenaanbod te maak.  Ek …

Deel 4 – Die Lang pad huis toe

Thursday, 1 July, 2010

[Also in English @ http://pgjonker.co.za/?p=181]

BOTSWANA & ZAMBIË TOER 2008

Deel 4

 (PG Jonker)

The road back home

Dag 8 – Katima Mulilo en Caprivi

Vandag reis ons aan die Zambië kant tot by die grensoorgang by Katima Mulilo.  Die dorp aan die Zambië-kant is Sesheke.  Met die oppak kom ek agter my geleende Minus 40 het ophou werk.  Nou het ek ‘n reuse groot ornamentele koelboks wat die plek vol staan agter in my bakkie. 

Voor ons ry wil ons darem nader gaan loer na die Zimbabwe-kant toe.   By die grens kry ons ‘n gratis pas om op die brug op te stap.  Dis ‘n klein papiertjie waarop ‘n getal “5” op staan om te wys jy is ‘n groep van vyf. 

The bridge between Zam and Zim

Daar is ‘n lewendige handel van goedere oor die brug.  Op laerskool het die juffrou eendag gevra wat beteken ‘lewende hawe’.  Toe het ek verduidelik ‘Kaapstad is ‘n lewende hawe’.  Dit was toe die verkeerde antwoord.  Maar op hierdie trant sou mens kon sê dat hierdie brug ‘n lewende hawe was, as dit nou ‘n hawe was in plaas van ‘n brug.  Dit is duidelik dat daar wel entrepreneurs is wat munt kan slaan uit enige situasie, in hierdie geval, die inploffing van Zimbabwe.  Waarmee hulle betaal weet ek nie, want iemand soek Zim dollars nie. 

Cars, trains & pedestrians use the bridge

Lede van ons toergeselskap is oor Zimbabwe toe om vir hulle elkeen ? Z$50 000 000 000 [vyftig-duisend miljoen] noot gaan koop.  Die nulle laat jou oë bietjie oor mekaar kyk.  Net duidelikheidshalwe:  dit is vyftigduisend-miljoen Zim dollars. Of dan vyftig biljoen Zim dollars, maar dis heelwat minder werd as, sê nou maar, Amerikaanse dollars.  Menere van Coller en Jordaan is derhalwe nou multi-biljoenêrs.  Stil, broers, daar gaan die manne nou verby.

Ons vertrek Weswaarts en mik vir Sesheke.  Maar eers moet ons ‘n ‘exit fee’ betaal van R30, nogals in Rande gekwoteer.   Sesheke is ? mistroostige dorp, oorkant die rivier van Katimo Mulilo.  Eers nadat jy oor die brug is, kry jy die grensbeheerpos.  Dié is besonders swak gemerk.  Vrywilligers wat langs die pad sit, minding their own business beduie maar ongevraag vir jou waarheen jy moet ry wanneer hulle sien jy mik vir die Namibië grenspos voordat jy aangemeld het aan die Zambië-kant se geboutjie.  Dit kos ons ‘n slag omdraai om by die regte gebou aan te meld.

Die beamptes is vriendelik aan beide kante. Veral die ou wat al ons melk – boks melk nogal – gekonfiskeer het.  Hy het darem gesê die kinders kan dit drink, maar ek kan dit nie verder saamry nie.  

Nadat jy klaar is aan die Namibië kant moet jy weer by ? verdere (ongemerkte) geboutjie aandoen om jou padbelasting te betaal.  Dit sou maklik wees om dit heeltemal mis te ry as jy nie lekker kan hoor soos ekke nie.  Gelukkig hoor die res van die mense in ons outfit darem oraait en beduie hulle my ek moet nog gaan betaal.

Ek laai die familie by ‘n winkelsentrum af, terwyl ek petrol gaan intap.  En skielik voel die Kaap weer Hollands.  Die winkel lyk nes ons s’n.  Die mense praat Afrikaans, my debietkaart werk weer sonder dat ek eers nodig het om navraag te doen.  Selfs ons Rande werk hier.  Dit voel maar soos by die huis.

Hiervandaan is ons vort na die Kwando rivier.  Ons draai af by Kongola, Suidwaarts.  Ons slaap die aand by die Namashushu Lodge.  Dit is ons laaste aand wat die hele toergroep bymekaar is.  Môre verdeel die groep in 3.  Ter wille van ‘n vroeë begin slaap ons in die bungalows, eerder as om te kamp.  Ons wil môre vroeg aanstoot.  Die aand eet ons almal vir oulaas saam om die kampvuur.  By die ablusie-blok is ‘n bordjie wat waarsku teen nagtelike bewegings van olifante en seekoeie.

Met enkele toesprake en …